Hierdie bepalings en voorwaardes geld vir die e-poskommunikasie, aanhegsels en alle daaropvolgende kommunikasie en aanhegsels wat die Absa Groep Beperk (registrasienommer 1986/003934/06) of enige van sy filiale ("ons") aan jou mag stuur (gesamentlik "die kommunikasie").

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie is vertroulik en mag wetlik gepriviligeerd wees. Dit is bedoel slegs vir die gebruik van die individu of entiteit aan wie ons die kommunikasie geadresseer het of andere wat ons gemagtig het om dit te ontvang. Indien u nie die bedoelde ontvanger is nie, word u hierby in kennis gestel dat enige bekendmaking, kopiëring, verspreiding of aksie wat u neem ingevolge die inhoud van hierdie inligting streng verbied word en onwettig mag wees.

Indien u nie die bedoelde ontvanger van hierdie e-pos (of sodanige person se gemagtigde verteenwoordiger) is nie.

(a) stel asseblief die sender van hierdie e-pos onmiddellik per terugkerende e-pos, faks of telefoon in kennis en skrap hierdie boodskap van u stelsel;

(b) mag u nie hierdie boodskap of enige deel daarvan druk, stoor, aanstuur of kopieer nie of dit openbaar of veroorsaak dat hierdie boodskap aan enige persoon geopenbaar word nie.

Ons is nie aanspreeklik vir die onbehoorlike of onvolledige versending van die inligting vervat in hierdie kommunikasie nie, of vir enige vertraging in die ontvangs daarvan nie.

Ons is nie aanspreeklik vir enige skade of verlies wat voortspruit uit kwaadwillige sagtewarekodes of virusse in hierdie e-pos of sy aanhegsels nie, insluitende datakorrupsie wat daaruit voortspruit.

Enige advies of inligting vervat in hierdie e-pos is ook onderworpe aan enige beherende ooreenkoms tussen ons.

Slegs behoorlik gemagtigde personeel wat binne die omvang van hulle magtiging optree, mag ons kontraktueel verbind. Tensy uitdruklik as sodanig deur ons aangedui, maak niks in hierdie e-pos 'n aanbod, waarborg of voorstelling deur ons uit nie.

E-pos aan ons gestuur, word net geag ontvang te wees sodra ons uitdruklik ontvangs daarvan erken het. Ons sal ag dat ons 'n e-pos gestuur het sodra dit as gestuur op ons e-posbediener weerspieël word.

Indien hierdie kommunikasie afstootlike, neerhalende of lasterlike stellings of materiaal bevat, beteken dit dat die boodskap buite die afsender se omvang van indiensneming by ons gestuur is en slegs die afsender kan in sy/haar persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word.